|
Wie is Ons
Patat is geleë in Wellington in die Boland (Wes-Kaap).
Patat behoort aan die eienaar van Petprops 36 CC, wat handel as CompuMission.
Petprops 36 CC is VANS gelisensieerd om waardevolle netwerkdienste in Suid-Afrika te lewer.
Dit sluit in webtuiste huisvesting en enige internet konneksie dienste beskikbaar -
selfs satelliet modems, draagbare satelliet modems en satelliet telefone.
Die persoon Johann J Lemmer: Stigter van CompuMission in 1996 en Patat by CompuMission in 2007
Ek is baie gelukkig getroud met die wonderlikste vrou in die wêreld-
sy was 'n nooi Marinda Van der Merwe - vroeër van Straatwerk in Kaapstad
en gebore en getoë op die plaas Patatskloof buite Wellington.
Sien ons by www.worshipgetaways.org.za, www.compumission.co.za en
www.patat.co.za of soek na ons op die web.
Terwyl Marinda ons sending organisasie Worship Getaways bestuur
maak ek geld daarvoor bymekaar deur die verskaffing van draadlose netwerk
dienste en internet toegang wêreldwyd deur CompuMission en Patat.
Teunika is my oudste dogter en Rikus my oudste seun. Albei uit 'n vorige
huwelik met net so 'n oulike vrou, Christa. Teunika is tans in Londen waar
sy onderwys gee en Rikus is werksaam as netwerk bestuurder hier in die
Boland naby my.
Ons reis dikwels deur Afrika om die wild te besigtig en verskillende
kulture beter te leer ken. Op hierdie wyse bedien ons al 'n paar sendingvelde
in Afrika. God seën ons en is werklik goed vir ons. Ons loof Sy wonderlike
Naam en vertel mense graag van die vryheid wat ons deur die Here Jesus Christus
ontvang het.
My geliefkoosde Skrif gedeelte is Ps 16 en die wonderlikste:
Johannes 3 vers 16. Die gedeelte wat die meeste waarheid bevat is
Jer 29 vers 11. Skrifgedeeltes wat my lewens uitkyk dramaties gevorm
het is Efesiers 3 vanaf vers 14. Efesiers 4 en dan Efesiers 5 vers 2!
Lees dit gerus - veral uit die Lewende Bybel!
|