|
|
ADSL Konneksies
Die doel van ADSL tegnologie is om hoëspoed toegang ( "broadband" )
te verskaf aan kliënte se lokale telefoonlyn, sonder die uitgawe
om die huidige koper bedrading tussen die huis of kantoor en Telkom
te vervang.
Tussen Telkom en die Internet moet ander tegnologië ontplooi word om aan
die gebruiker 'n Internet konneksie te verskaf.
Die hoëvlak diagram hieronder, illustreer die komponente betrokke in die
lewering van ADSL in Suid-Afrika.
'n Gebruiker wat 'n ADSL konneksie wil hê moet eers 'n ADSL lyn bestel vanaf Telkom
en dan 'n ADSL modem ( beskikbaar by CompuMission ) koop.
Hierdie modem MOET goedgekeur wees deur ICASA.
'n ADSL modem kan gekonnekteer word aan 'n rekenaar via 'n Ethernet ( RJ 45 kennekteerder )
of 'n USB kabel, afhangende van die tipe ADSL modem wat jy gekoop het.
Die gewone prosedure om 'n ADSL lyn te bestel sluit in die opgradering van jou
huidige analoë telefoonlyn. By die plaaslike Telkom termineer die ADSL lyn op 'n
'DSL Access Manager' (DSLAM), wat dan die gebruiker konnekter na Telkom se ATM Netwerk.
Elke punt waar ADSL beskikbaar is het 'n konneksie terug na die ATM netwerk.
By die punt waar die konneksie inskakel by die ATM netwerk is daar soms 'n bottelnek.
Verkeer vanaf ADSL gebruikers beweeg na die ATM netwerk na 'n middel met die naam,
Edge Servie Router (ESR). Die middel is verantwoordelik vir die legalisering van versoeke
na die relevante Internet diensverskaffers, sodat die gebruikers Internet toegang kan kry.
ADSL is bekend as "altyd-aan" tegnologie. Dit beteken gebruikers hoef nie 'n oproep te
maak om te konnekteer na die Internet nie. Die ADSL lyn is altyd gekonnekteer na die
plaaslike Telkom en is altyd beskikbaar. Telkom en ander Internet diensverskaffers mag
wel enige sessie diskonnekteur as daar 'n tydperk verbygegaan het waar daar geen
aktiwiteit op die lyn was nie. Dit forseer gebruikers om periodiek in te 'log'.
Gebruikers betaal nie vir die hoeveelheid tyd wat hulle gekonnekteer was nie -
die maandelikse lynhuur verskaf voortdurende toegang.
|
|