Eerste Brief:
Beste Johann:
In werklikheid is ek regtig baie beindruk met die diens wat jy verskaf.
Ek was vir 5 jaar in die "Dial-Up" tronk en nadat Telkom my meegedeel het,
(6 Maande nadat ek aansoek gedoen het), dat hulle my nie met ASDL lyn kan
voorsien nie, en ek nie Vodacom, MTN, i Burst of ander kommersiele WiFi
seine kan ontvang nie, het ek alle hoop laat vaar om ooit wye band toegang
to die Internet te verkry.
As jy vir my gesê het dat jy dit sonder te veel moeite en redelik ekonomies
kan doen en volhou sou ek jou maar moeilik geglo het. Kommunikasie by die
Satelliet Toepassingssentrum waar ek my lewe deurgebring het, het ons
miljoene per jaar gekos. Selfs met Telkom se kommunikasiesatelliet se
ardstasie net 4 kilometer van ons af en met 'n optiese vesel verbinding was
kommunikasie nooit eintlik betroubaar nie. Telkom, kon NOOIT die 98.5%
betroubaarheid haal wat hulle volle betaling per maand sou gegee het nie.
Om die waarheid te sê gedurende ondersteuning van kritiese satelliet lanserings
was daar VSAT rugsteun kommunikasie . . . net ingeval.
Dit is regtig wonderlik dat ek, wat nou woon op 'n ylbewoonde WiFi onvriendelike
plek hier op Bainskloof, Internet toegang geniet wat in my opinie beter is as
die wat miljoene gekos het vir die Satelliettoepassingssentrum op Hartebeesthoek.
So, ek is regtig opreg as ek jou aanbeveel.
Groete
Willem
Terloops: Hierdie kliënt het geen LOS vanaf die basis stasie en het volgens sy
meetinstrumente nooit minder as 300kbps upload en 1,4mbps download gehad nie. Sonder line of site (LOS) is dit besonders.
|
|
Tweede Brief:
Ek het in 2003 afgetree en toe van Gauteng na Eerste Tol, Bainskloof, Wellington
verhuis.
Ek woon in 'n baie ongunstige area by Eerste Tol wat kommunikasie betref.
Ek het nie'n direkte siglyn na Wellington nie en gevolglik geen praktiese
selfoon of kommersiele WiFi ontvangs nie. Tot onlangs nog was 'n Telkom landlyn
my enigste kommunikasie met die buitewereld. Internet toegang was via 'n
'dial-up' modem teen maksimum 21,6 Kps. In die praktyk oorskry Internet aflaai spoed
NOOIT 2Kps nie.
Mnr. Lemmer, wat aktief is in die veld van verskaffing van WiFi dienste
en breeband Internet toegang in Wellington en die omgewing, het in 2006 'n WiFi
'relay' punt tot stand gebring op 'n gebou by Eerste Tol, Bainskloof,
met ononderbroke Eskomkrag en 'n skoon siglyn na Wellington.
Die dorpie by Eerste Tol, is toe verlig met 'n laer 'gain wide band' antenna en
"Bains Trading Post", 'n klein besigheid by Eerste Tol, kon toe dadelik gebruik
maak van die fasiliteite en was baie beindruk met die bandwydte beskikbaar en die
betroubaarheid van die diens. In Julie en Augustus 2008, is hierdie breeband
Internet toegang suksesvol uitgebrei na die administrateur van die UCSA
kampeerterrein by Bainskloof en ook na Bainskloof Lodge.
Ek het nie 'n skoon direkte siglyn na die WiFi opvangspunt soos die ander
gebruikers by Eeste Tol nie en was dus baie skepties dat hy vir my
suksesvol WiFi breeband Internet toegang sou kon verskaf.
Tog, ten spyte van die struikelblokke, het Mnr. Lemmer die optimum 'indoor'
posisie geidentifiseer om die WiFi opvangspunt vas te stel. Daarna is 'n
LAN kabel aangele na my rekenaar en die nodige kommunikasie programme
gelaai op beide rekenaars sowel as WiFi toegang op my laptop. Ek het dus nou
toegang tot die Internet via my Laptop enige plek op my eiendom. Dit alles
is in 'n kwessie van 'n paar uur vermag: Baie indrukwekkend en met uitsonderlike
resultate. Ek het al 'n aflaaispoed van tot 200 Kps gehad vanaf 'n oorsese URL.
Gebaseer op my persoonlike ondervinding en Mnr. Lemmer se 'track record'
vir die verskaffing van breeband WiFi toegang vir gebruikers by Eerste Tol,
het ek geen twyfel om hom aan te beveel vir die suksesvolle verskaffing van hierdie
dienste nie, selfs in moeilike geografiese areas.
|
|